Ons glo dat Jesus die Seun van die lewende Drie-Enige God is. Daarom soek en vind ons ons identiteit in die Here Jesus Christus. Ons glo dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is wat ons onverdund verkondig en onbevange probeer navolg. Deur die vervulling en krag van die Heilige Gees leef ons Geesdriftig as Sy diensknegte in die wêreld.
Binne ons Geloofsfamilie het ons 3 oorhoofse fokusareas wat ons identiteit en Jesus-sentraal-lewe uitbou, naamlik Groei, Genesing en Geesdrif.
Genesing
Hier leef ons genesend in liefde en probeer so mekaar en ander bring by die groot Geneesheer.
Groei
Elkeen moet groei om meer soos Jesus te word! Daarom is ons passie om klein en groot die waarheid van die Woord te leer. Ons entoesiastiese jeugspan lê van kleins af die fondasie waarop ‘n gesonde geestelike huis gebou word.
Geesdrif
Onder leiding van die Heilige Gees dien ons Hom met Geesdrif!
Ons Span
Personeel
Dr André Oosthuizen
Leraar
082 378 3081 andre@jesussentraal.com
Wendy Theron
Skriba
065 513 5194
kantoor@jesussentraal.com
Charmain Viljoen
Kassier
065 513 5194
finansies@jesussentraal.com
Melanie Verwey
Kinderbediening
082 494 5338
kids@jesussentraal.com
Kontak Ons
Kontak Inligting
Adres
h/v Martinsonstraat en Unielaan Unielaan 1 Uniepark Stellenbosch 7600